14 Beseer toe bakkie rol

Verkeer is vanoggend ontwrig toe nooddienste een baan van die R43 moes sluit nadat ’n bakkie tussen Hermanus en Stanford gerol het.


Die bakkie het gerol en teen ’n walletjie langs die pad tot stilstand gekom.

Verkeer is Donderdagoggend (2 Maart) ontwrig toe nooddienste een baan van die R43 moes sluit nadat ’n bakkie tussen Hermanus en Stanford gerol het.
Die ongeluk het omstreeks 08:00 Donderdagoggend naby Vark se Snoet op die R43 gebeur.
Volgens verslae wou die bestuurder van die wit Isuzu bakkie na bewering ’n ander voertuig verbysteek maar dié voertuig het toe oorbeweeg in die baan waarin die bakkie gery het.
Die bestuurder van die bakkie het beheer verloor toe hy vir die ander voertuig moes uitswaai. Die bakkie het gerol en teen ’n walletjie langs die pad tot stilstand gekom. Van die passasiers wat agterop die bakkie gesit het, is uit die voertuig geslinger toe die bakkie se kap beskadig is.
Volgens Superintendent Xenophon Titus van Overstrand Verkeer is niemand ernstig beseer in die voorval nie.
Nooddienste insluitend Overstrand Verkeer, EMR Privaat Ambulansdiens en die brandweer wa op die toneel.
EMR en ambulanse van die provinsiale gesondheidsdiens het altesaam 14 pasiënte, insluitend die bestuurder van die bakkie hospitaal toe vervoer.
Die baan vir inkomende verkeer na Hermanus is vir ongeveer 30 minute gesluit.
“ ’n Stop en ry stelsel is in plek gestel met verkeersbeamptes om die verkeer te reguleer,” het Titus verduidelik.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.