Die bewusmakingsveldtog vir 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders, word elke jaar wêreldwyd tussen 25 November en 10 Desember gehou.
In Caledon het lede van die Caledon-museum, die Caledon-biblioteek, Badisa, Emoji Movement en Beyond Black Mountain by drie geleenthede in Vleiwiew, Uitsig en Myddleton bewusmaking geskep deur met mense te praat asook om pamflette met nuttige inligting uit te deel.
Indien u hulp benodig, kontak gerus een van die volgende instansies:
Badisa Caledon by 028 212 1605, die departement maatskaplike ontwikkeling of die polisie by 028 214 3000.