Inwoners van die Overberg kon vir oulaas die naweek die C/2023-A3-komeet, ook bekend as die Tsuchinshan-Atlas, aanskou voordat dit die sonnestelsel verlaat het. Die kranige fotograaf Hugh-Daniel Grobler van Gansbaai het die komeet vasgevang. Volgens Netwerk24 het die komeet ontstaan vanuit die Oortwolk, “ ’n verre gebied van ysige liggame wat die sonnestelsel omring”. Die bestudering van die Tsuchinshan-Atlas bied waardevolle inligting aan wetenskaplikes oor die vroeë sonnestelsel aangesien dit oermateriaal bevat. “Die komeet se koma, of kop, is ongeveer 130 000 myl (209 000 km) in deursnee, met ’n stert wat 18 myl (29 km) strek. Die komeet sal eers na verwagting oor 80 000 jaar terugkeer na ons sonnestelsel,” luidens ’n berig deur The Guardian.Foto: Hugh Daniel Grobler