Aansoeke vir Overstrand-munisipaliteit se opleidingsprogram by Chrysalis Academy het op 1 Maart oopgemaak en sluit op 29 April.
Jong gemotiveerde mans word aangemoedig om aansoek te doen. Die aansoek vir die vroue open eers in Julie.
Die kwalifiserende kriteria vir mans wat wil aansoek doen is: Jy moet tussen 18 en 25 jaar oud wees; jy moet ten minste graad 9 geslaag hê; jy moet nie ‘n kriminele rekord hê nie en jy moet in die Wes-Kaap bly.
Die program is ‘n drie maande program wat die nodige vaardighede vir jong mans aanleer om leiers in hul gemeenskappe te wees. Die program bestaan uit vier fases en tydens elke fase word die studente blootgestel aan fisieke aktiwiteite, vrywillige werk en ander leerareas waar die studente gaan leer hoe om rolmodelle te wees.
Verder word werksessies ook aangebied vir ouers sodat hul verantwoordelike ouers kan word. Vir nog inligting en die aansoekvorms besoek www.overstrand.gov.za