Afgetrede en gestremde mense wat in die Overstrand woon, kwalifiseer vir ’n korting op eiendomsbelasting ingevolge hul bruto maandelikse huishoudelike inkomste.
Om vir die korting te kwalifiseer, moet inwoners aan die volgende vereistes voldoen:. Die eienaar/s moet Suid-Afrikaanse burger/s wees;. die aansoeker moet een van die geregistreerde eienaar/s wees;. die eiendom moet die aansoeker se primêre woonadres wees (mense wat tot drie maande per jaar afwesig is, sal nie in ag geneem word nie);. die eienaar/s moet ten minste 60 jaar oud wees of ’n ongeskiktheidstoelaag van die Staat ontvang;. die bruto maandelikse huishoudelike inkomste mag nie R15 920 oorskry nie;. die aansoeker/s mag nie enige ander eiendom besit nie.
“Bruto maandelikse huishoudelike inkomste” beteken die bruto maandelikse inkomste van almal wat die eiendom gewoonlik bewoon. Dit sluit in salarisse, toelaes, lone, dividende, pensioengeld, ongeskiktheidstoelaes, verhuring, rente ontvang, kapitale oorplasings en deposito’s sowel as enige beleggingsinkomste.
Aansoekvorms is beskikbaar op die Overstrand-munisipaliteit se webwerf by www.overstrand.gov.za. Klik op Dokumente, dan op Vorms en kies “Rebate application forms and letters”.
Wanneer die aansoekvorm voltooi is, handig albei bladsye saam met al die verpligte dokumentasie by u naaste Overstrand-munisipaliteit-administrasie in of stuur dit per e-pos na enquiries@overstrand.gov.za