Aan die einde van die jaar gaan dit maar broekskeur met almal en verskeie organisasies reik na diegene uit.

Die AGS Hermanus hou op 7 Desem­ber saam met SPAR Gateway ’n “trolley dash”. Volgens Johan van Loggerenberg gaan die netto opbrengs van die projek verdeel word tussen die kerk se sen­ding­aksie (Wen) en sy eie welsynprojek, Hart tot Hart. Die Trolley Dash se kaartjies is reeds teen R20 per kaartjie beskikbaar en drie wenkaartjies gaan op 4 Desember getrek word. Die kompetisie vind op 7 Desember plaas. “Die drie wenners kry elkeen een minuut om met ’n trollie tussen SPAR se rakke rond te hardloop en sy/haar trollie vol kruideniersware te laai. Elke finalis mag ’n ‘hardloper’ gebruik,” verduidelik Van Loggerenberg. . Bel Van Loggerenberg by 082 544 3377 of Naomi by 084 664 4084 vir kaartjies.

You need to be Logged In to leave a comment.