Lea Olivier en haar hond, John, ’n Australiese skaaphond, al die pad van Oudtshoorn af om aan die hondeskou deel te neem. Foto’s: Mariëtte Strydom


Dit was ’n besige naweek by Laerskool Kleinmond toe honde-eienaars van oor die land heen aan die Whale Coast and Overberg Kennel Club en Hill’s se sukses­volle hondeskou deelgeneem het.

Die sportterrein van die skool het gewemel van honde – van Skotse terriërs tot poedels, Deense honde, mopshonde en baie ander soorte.

Die ervare beoordelaars het gekyk na die bou van die hond, die beweging en die emosionele toestand van die honde.

Die kompetisie was stram en nie net het die honde-hanteerders hul beste voetjie voorgesit nie, maar die hondestiliste het ook hul borsels en selfs haartange nader getrek om die honde op hul beste te laat lyk.

Volgens Jetty Botes, voorsitter van die Whale Coast and Overberg Kennel Club, was dit ’n baie suksesvolle hondeskou en sy het al die deelnemers en beoordelaars vir die naweek se skou bedank.

Vir nog inligting oor die klub en nog skoue, bel Botes by 082 786 5323.

You need to be Logged In to leave a comment.