Al die pad van Amerika af

Dit was presies 44 jaar gelede toe ’n jong Alan De Cerff ’n leerder aan die Laerskool L R Schmidt in Genadendal was, waar dr. Isaac Balie een van sy onderwysers was.


Dit was presies 44 jaar gelede toe ’n jong Alan De Cerff ’n leerder aan die Laerskool L R Schmidt in Genadendal was, waar dr. Isaac Balie een van sy onderwysers was.

De Cerff, wat deesdae in New York woon, en ’n groep vriende het onlangs besoek aan Genadendal afgelê.

De Cerff vertel aan Hermanus Times: “Ek het in Genadendal grootgeword en in 1997 aan die Hoërskool Emil Weder gematrikuleer. Ek en my Amerikaanse vrou het 25 jaar in die Kaap gewoon, maar woon nou al sewe jaar in New York, waar my vrou tans besig is met haar doktorsgraad aan die Columbia-universiteit.”

De Cerff, wat as ’n huweliksterapeut in New York werk, het saam met ’n groep vriende besluit om tydens die Covid-19-pandemie terug te gee aan die gemeenskap van Genadendal deur geld vir voedselskemas beskikbaar te stel.

Op ’n vraag oor hoe die dorp verander het, antwoord De Cerff: “Wat vir my opvallend en baie erg is, is dat daar geen geleenthede vir jong mense is nie, en daarom het ek en ’n groep vriende besluit om iets daaraan te doen. Ons wil graag in die jeug belê deur kinders wat potensiaal het, te identifiseer en hulle deur hul skool te ondersteun. Die voedselskema sal nog voortgaan.”

De Cerff sê hy beoog om in Suid-Afrika te kom aftree.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.