Tienerswangerskap is nie iets
nuuts nie, en deesdae word dit beslis ook nie meer as “skande” beskou nie. Tog
kyk ’n mens na die 2017-statistieke wat aandui dat bykans 120 000
Suid-Afrikaanse tienermeisies tussen 15 en 19 in daardie jaar geboorte geskenk
het, wonder ’n mens onwillekeurig wat van hierdie meisies word – wie sorg vir
hulle en die babas, gaan hulle terug skool toe, verval hulle net verder in ’n
siklus van armoede … Wat nog meer onrusbarend is, is die nuwe tendens dat
kinders so jonk as 10 jaar oud swanger raak.
Tienerswangerskappe het talle
sielkundige, gesondheids-, ontwikkelings- en bevolkingsprobleme tot gevolg,
maar wat is die grootste uitdagings in die verband en wat is die werklike
gevolge op jong meisies en die betrokke jong seuns? Hoe hanteer ‘n mens dit?
Want, om skielik uit te vind dat jy swanger is, en dat die swangerskap boonop
onbeplan is, kan ‘n groot skol wees en kan geweldige stres tot gevolg hê. Afrikaans.com het
Emmerentia van Wyk, ‘n medewerker van die Stigting vir Bemagtiging deur
Afrikaans (SBA), en aanbieder van hulle werksessies oor die voorkoming van
tienerswangerskappe, genader om ons vrae te beantwoord.
Wat
is die hoofoorsake van tienerswangerskappe?
Volgens Emmerentia is daar
talle oorsake, maar die volgende is spesifiek op ons kinders van toepassing:
·
Gebrek aan
ouerleiding en/of ouertoesig
·
Enkelouerhuishoudings
·
Gebrek aan
positiewe familie-/gesinsinteraksie
·
Moeder was
’n tienerouer
·
Gebrek aan
kennis oor voorbehoedmiddels, swak toegang tot voorbehoedmiddels of te skaam om
kliniek toe te gaan vir voorbehoedmiddels
·
Ongereelde
en verkeerde gebruik van voorbehoedmiddels
·
Om swak
selfbeeld `n hupstoot te gee
·
Onkunde
·
Portuurgroepdruk
·
Armoede
·
Verkragting
en/of seksuele mishandeling
·
Kwessies
met die beëindiging van swangerskap
·
Deel van
`n groep wat waarde aan seksuele aktiwiteit gee
·
Om in die
mode te wees
·
Soeke na
liefde
·
Gebrek aan
diepgaande kennis oor puberteit, soos menstruasie en voorbehoedmiddels
·
Kry
inligting by portuurgroep waarvan die akkuraatheid bevraagteken word
Hoe
ervaar die swanger tiener die situasie?
Emmerentia sê wanneer ’n tiener swanger word, haar
lewe vir altyd verander en dat dit baie moeilik kan wees.
· Emosionele
reaksies. Baie
ervaar alleenheid, want hulle word afgesny van hulle vriende en in baie gevalle
selfs deur die kêrel. Daar is dikwels ook onvoldoende kommunikasie met die ma,
want die meisie kan nie deel wat sy werkilk ervaar terwyl sy swanger is nie.
· Die omstandighede
tuis is ook baie moeilik vir die swanger tiener. Dit was die
kommentaar van een tiener: “Die swangerskap was vir my baie moeilik. My pa het
vir baie tye nie eers met my gepraat nie, so asof hy my wil afgeskryf het en my
ma wat gedrink het.”
· Baie
ervaar ook `n gevoel van moedeloosheid, want hulle is nou
bang om `n ma te wees en die verantwoordelikheid wat daarmee saam gaan
kom.
· Swanger
tieners ervaar ook gevoelens van spyt wees, want: “Ek kon nie my matriekjaar
voltooi nie, kon nie matriekafskeid toe gaan nie. Ek het besef daar is so baie
wat ek gemis het en het baie gehuil.”
· Baie
swanger tieners ervaar baie bekommernis oor die finansiële aspek van
hul lewe asook oor die gesondheid van hul baba.
· Swanger
tieners is bewus van die impak wat hul terugkeer na die skool
kan hê. Baie van hulle wil nie terugkeer skool toe nie omdat baie van hul
vriende al die skool gelos het. Sommige van hulle keer wel terug skool toe,
maar weens die druk en omstandighede by die huis, los hulle dan ook maar die
skool. Hulle is dan ook skaam as hulle terugkeer skool toe.
Enkele
riglyne om die situasie te hanteer en tienerswangerskap te verhoed
· Skole kan
`n baie belangrike rol speel in die verband, omdat dit die plek is waar die
kinders al die nodige inligting kan kry om hulself te bemagtig rakende hul
seksualiteit, ensovoorts.
· Werksessies kan gehou word om die kwessies te hanteer. Tydens die werksessies kan
sprekers, soos byvoorbeeld klinieksusters, gevra word om oor voorbehoedmiddels
te praat, indien die opvoeder ongemaklik is om oor die kwessies te praat. In
baie gevalle is dit moeilik vir ouers om oor seks, seksualiteit,
voorbehoedmiddels, en dies meer te praat, of ouers self het nie genoeg
inligting daaroor nie.
· Tieners
kan na klinieke toe gaan om meer omtrent voorbehoedmiddels uit te vind.
Ongelukkig is die klinieke dikwels nie tienervriendelik nie en voel tieners nie
vry om soontoe te gaan nie.
· Verbeter
tieners se kennis rakende voorbehoedmiddels. Hou gereelde werkswinkels in die
gemeenskap wat die kind, ouer, skool en kerk betrek. Sodoende kan die ouers ook
hulself bemagtig oor onderwerpe waaroor hul min kennis het.
· Daar is `n
groot behoefte aan noodsaaklike kommunikasie tussen ouer en kind omdat
onderwerpe soos seks oor gepraat moet word. Ondersteunende groepe kan gestig
word om ouers te help wat probleme mag ondervind.
· Kry plekke
waar moeder en dogter vrylik kan praat oor hul gevoelens en idees uitruil
buite die grense van tradisionele rolle.
· Seksualiteitsopvoeding
moet onder andere daartoe bydra dat tieners goed voel oor hulself en hul
liggame, en sodoende ook hul selfbeeld verhoog.
· Seksualiteitsopvoeding
moet die positiewe komponente van intimiteit bevorder en nie net fokus op die
negatiewe, soos onbeplande tienerswangerskap nie. Duidelike onderskeid moet
gemaak word tussen seksualiteitsopvoeding en seksonderrig.
· Programme
moet inligting en demonstrasies insluit oor voorbehoedmiddels en hoe om dit te
gebruik.