Almal wil lighuis besoek

Die Danger Point-lighuis is vir die publiek oopgestel en mense het van heind en ver gestroom om dié lighuis te besoek.


Die Danger Point-lighuis het oor twee dae 390 besoekers gehad wat die lighuis uitgeklim het en 162 mense het die besoekersgids geteken.

Dié lighuis, wat vir die publiek van 16-18 Junie oopgestel is, is vir menige ‘n besoek werd. Volgens die werknemers van die lighuis het mense al vroeg Donderdagoggend na die lighuis gestroom.

“Dit was ‘n heerlike atmosfeer,” vertel dr. Annelie Rabie, burgemeester van die Overstrand-munisipaliteit. “Dit laat my hart sommer warm klop as ek sien hoe families die lighuis kom besoek het nadat geen toere tydens die Covid-19-pandemie toegelaat is nie. Rabie bedank ook Gansbaai-toerisme, die historikus John McGregor wat die mense vermaak het met sy staaltjies, Johan le Roux en vrywilligers soos Barnie Germishuys wat die kontak, tussen die munisipaliteit, Transnet en die lighuis is. “Baie dankie vir jul toewyding om van die lighuis ‘n sukses te maak,”het Rabie gesê. 

Meeste van die besoekers was van die Wes-Kaap en verder was daar ook besoekers van Gauteng, ‘n man van Ierland en toeriste van die Verenigde Koninkryk.  Die volgende besoekersnamweek is van 16-18 Julie en die toerismekantoor hoop dat mense 67 minute van hul tyd sal gee om nie net die lighuis te besoek nie, maar ook om ‘n bydrae te lewer vir Mandeladag.   

* Die Danger Point-lighuis is in Kleinbaai en dié dorpie by Gansbaai is veral bekend vir sy groot withaaie en duikekspedisies. Vir nog inligint bel Glenda Kitley van die Gansbaai-toerisme by 072 291 5564. 

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.