Juffrou Lizzie Fisher, Niel Pedro en Louis Jordaan met twee van die leerders wat skoene ontvang het.


Wat doen jy as jy ’n afgetrede sakeman is wat steeds ’n hart vir die samelewing het? Jy reik uit na die mense en maak ’n verskil in die gemeenskap.

Louis Jordaan, ’n inwoner van Fisherhaven, het op ’n radiostasie gehoor van die Warm Voetjies-projek en dadelik meer daaroor uitgevind. “Dit was ’n baie goeie projek en indien iemand R800 skenk, koop jy eintlik 20 paar skoolskoene wat van herwinde materiaal gemaak is. Jy kan dit dan uitdeel vir ’n skool van jou keuse, laat uitdeel of vir die plek vra om die skoene by ’n sekere skool af te lewer. Ek het besluit om 45 pare skoene aan Hawston Primêr te skenk,” het Jordaan gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.