Die span van Atlantics in Mount Pleasant is tans boaan die punteleer van die Overberg 1-streekuitdaagliga.

Dis ‘n klub wat al diep spore in Hermanus getrap het en steeds ‘n gunsteling vir baie is.

Die Atlantics-rugbyklub vier hierdie jaar sy 80ste bestaansjaar en soos die span vanjaar speel, het hulle dalk nog meer om oor te vier, want hulle is tans onoorwonne en is eerste op die punteleer van die Overberg 1-Streekuitdaagliga.

Maar volgens die klub en sy onder- steuners wag daar nog baie op die span, want hulle gaan net van krag tot krag danksy Build It, wat hulle borg. ‘n Jare lange inwoner van Mount Pleasant en ook die oudafrigter van die klub, Marquine Lukas, vertel die Atlantics-rugbyklub is waar hy sy rugbyloopbaan begin het. “Atlantics lê my na aan die hart – ek het nie net hier as speler begin nie, maar is ook later as afrigter aange- stel en toe as administrateur. Deesdae dien ek in die uitvoerende komitee van die Boland-rugbyunie en as dit nie vir Atlantics was nie, sou ek nie die geleent- heid gekry het nie,” vertel hy.

Lukas was ook verantwoordelik daarvoor dat Build It Hermanus besluit het om die Atlantics-rugbyklub te borg.

“Die klub is ewig dankbaar vir die borgskap van Build It Hermanus – dis nie ‘n borgskap as sodanig nie, maar wel ‘n vennootskap met Build It Hermanus, waar ons saam na die toekoms kyk om ‘n verskil in die jonger geslag en die gemeenskap te maak,” het hy gesê.

Marquine Lukas deesdae ‘n Boland-bestuurslid is baie trots op Atlantics.
Op die foto bo is van die spanlede by die afrigter, Marcel Seconna, Noxolo Magopeni (Build It Hermanus se bestuurder), Isak Hennecke, Jacobus Frans en Marquine Lukas. Atlantics vaar besonder goed die jaar en is boaan die punteleer van die Overberg1-Streekuitdaagliga.
Selfs die raadslid Ronald Nutt (middel) het die vennootskap saam met die bestuur gevier.

You need to be Logged In to leave a comment.