Die beweerde aanval op ’n bejaarde man, wat glo baie naby die Villiersdorp-polisiekantoor gewoon het, het die dorp aan die gons.
’n Leser, wat nie geïdentifiseer wou word nie, sê die feit dat die aanval so naby die polisiekantoor plaasgevind het, is kommerwekkend.
Ken Neil, ’n afgetrede finansiële direkteur, is volgens berigte twee weke gelede op 7 November bebloed in sy huis gekry. Hy is na ’n hospitaal gehaas maar het later in die waakeenheid gesterf.
Luitenant-kolonel Elizabeth Swartland, die waarnemende stasiebevel-voerder, sê die polisie ondersoek die omstandig-hede wat tot die oorledene se dood gelei het aangesien dit nog nie bevestig kon word of enige misdaad betrokke was nie en die uitslae van die nadoodse ondersoek om die oorsaak van sy dood te bepaal, nog uitstaande is. “Die onder-soek is in ’n sensitiewe stadium,” het sy bygevoeg.