Bejaarde in huis aangeval

Die polisie is op soek na ’n misdadiger wat ’n hulpelose bejaarde man in sy bed oorval en met ’n mes gesteek het.


Die polisie is op soek na ’n misdadiger wat ’n hulpelose bejaarde man in sy bed oorval en met ’n mes gesteek het.

Kapt. Fadila September, ’n woordvoerder van die Hermanus-polisie, het bevestig die voorval het Vrydag 15 Julie omstreeks 04:30 in Disastraat, Sandbaai, voorgekom.

“Die klaer se vrou het die huis omstreeks 04:30 verlaat om met die honde te gaan stap. Haar man, wat steeds in die bed gelê het, het die hek hoor oopgaan en aangeneem dit is sy vrou wat terugkeer. Toe hy opkyk, het hy ’n onbekende man se weerkaatsing in die spieël gesien. Die slagoffer het op die indringer, wat geld en selfone geëis het, geskree. Die aanvaller het hom aangeval en met ’n mes in die regterbobeen gesteek.”

Die man se seun het die verdagte agternagesit en gesien hoe hy en nog ’n man van die toneel af vlug.

Kaptein September het bevestig die polisie ondersoek klagtes van huisroof en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.