Bekende Skeepswrakmuseum in Bredasdorp vier mylpaal

,

Fifty years of stories, rich and true, A journey through time, we share with you. History whispers. Artifacts gleam, each piece a chapter, a timeless dream. Step inside, explore, and […]


Fifty years of stories, rich and true,

A journey through time, we share

with you. History whispers.

Artifacts gleam, each piece a

chapter, a timeless dream.

Step inside, explore, and see, the

legacy of our museum’s history.

With hearst united, we celebrate, a

golden past, a future great!

Dié treffende gedig geskryf deur Sophia Jantjies, museum-assistent by die Skeepswrak-museum in Bredasdorp, het gaste wat die onlangse viering van die 50ste bestaansjaar van die Skeepswrak-museum bygewoon het, by die ingang verwelkom.

Donderdag 3 April het die feesvieringe amptelik begin met eerwaarde Francois Lewis van die Anglikaanse kerk wat die museumgeboue weer ingeseën het. Die Vriende van die Museum se voorsitter, Lettie-Ann Moller, het in haar toespraak gepraat oor die bedrywighede van die museum en ook oor hoekom die erelidmaatskap-bord begin is.

Raymond Ross, uitvoerende burgemeester van Kaap Agulhas-munisipaliteit, het in sy toespraak verwys na die noue verhouding tussen die munisipaliteit en die museum en die belangrike rol wat die museum in die gemeenskap speel. Sophia Jantjies, wat die verrigtinge gereël het, sê: “Daar was ook ‘n kranslegging waar ons erkenning gegee het aan almal se bydrae tot die museum, asook om die siele van die 152 skeepswrak-tragedies te eer en te onthou. Dit is immers hul stories wat ons in die museum vertel.”

Odette Weir, Overberg-museums-streekbestuurder en voormalige museumbestuurder, het drie erelidmaatskap-sertifikate oorhandig. Jonathan Oliver het ‘n sertifikaat vir 36 jaar diens ontvang en Judan Signeur het sy oorlede ma, Christiana Newman, in die museum bekend as Tannie Ounooi, se sertifikaat vir 38 jaar diens ontvang. Ora Laubscher van Napier het ook erelidmaatskap ontvang. Aan Hermanus Times vertel Ora: “Ek het in die vroeë 1990’s, kort nadat ons Napier toe getrek het, ‘n advertensie gesien vir naweekhelpers by die museum. Ek het toe daarby betrokke geraak en my instudeer in die museum en die geskiedenis van al die artefakte. Ek is baie opgewonde oor die erelidmaatskap en dit is ‘n vreugde om te weet dat daar so ietsie van jou in die museum opgeskryf is.” Oor Ora sê Sophia: “Ora is legendaries en kan regtig beskou word as deel van die museum. Sy is al vir langer as 25 jaar vertroud met die museum en het as Trusteeraad-voorsitter gedien, waarna sy haarself beskikbaar gestel het om museumgidse wat oor naweke werk, op te lei.”

Die museumbestuurder Lorenzo Hendricks het die dankwoord gelewer en in besonder vir Sophia bedank vir haar passie en dryfkrag agter die beplanning. Sophia noem dat die museum Saterdag 5 April al van vroeg in rep en roer was vir die beplande markdag met 13 stalletjies in die tuin van die museum. Om 08:00 was daar ‘n pretdraf van 2 km binne die dorp en 12 km buite die dorp. Tydens die oggendverrigtinge het verskeie organisasies demonstrasies gelewer. Dit het studente van Danjinamic Martial Arts, ‘n drilvertoning van die Anglikaanse kerkbrigade asook ‘n vuurdans deur Mary-Jane ingesluit. Die akteurs van Tussen Duine het ‘n groet-en-ontmoet-hoekie gehad. Die verrigtinge is afgesluit met ‘n namiddag-jazzpiekniek waartydens die Rapsody-jazzorkes gaste vermaak het.

Die museum beplan nog verskeie gebeurtenisse deur die loop van die jaar om dié groot mylpaal te vier.

You need to be Logged In to leave a comment.