Die bekende wapenhandelaar van Hermanus, Martin Etsebeth [nie
die nutsman en fotograaf nie] het Woensdag 20 Julie in die Hermanus-landdroshof verskyn
op aanklag van die besit van ongelisensieerde ammunisie.
Volgens ‘n verklaring, wat deur die provinsiale
kommissaris uitgereik is, is Etsebeth Dinsdag (19 Julie) tydens ‘n misdaadoperasie in
Botrivier in hegtenis geneem.
“Polisiebeamptes het inligting opgevolg en die betrokke
perseel deursoek. Tydens die besoek is daar op verskillende kaliber ammunisie
toegeslaan. Etsebeth het na bewering nie ‘n geldige lisensie vir die betrokke
ammunisie gehad nie,” het die persverklaring gelei.
Volgens kaptein
Fadila September, woordvoerder van Hermanus-polisie, is Etsebeth op ‘n borgtog van
R2 000 vrygelaat en is die saak weer tot 13 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.