Daar is nou ’n nuwe reël by Mediclinic Hermanus. Jy moet eers getoets word of jy Covid-19 het voordat jy kan gaan vir ’n prosedure.
As jy nie die virus het nie, dek die mediese fonds dit nie. Dit kos byna R1 500 om die toetse te laat doen. Dit word dus uit jou dag-tot-dag-voordele betaal as jy nog geld oor het – eintlik kom dit uit jou eie sak.
Die punt is as hierdie prosedure dit nodig maak om vir ’n operasie te gaan, wat heel moontlik gaan wees, moet jy die toets weer doen, dus kos dit jou R3 000.
Ek kan verstaan dat die hospitaal homself wil beskerm, maar nie dat die medies dit nie dek nie, tensy jy positief getoets word en dan kan jou operasie in elk geval nie plaasvind nie.
Bekommerde pasiënt,
HermanusNá die verandering na vlak 4-inperking het Mediclinic die besluit oor verkose chirurgiese opnames in die hospitale hersien met die besluit om sleuteloperasies wat die risiko van uitgerekte vertragings verhoog weens die Covid-19-pandemie inkrementeel te akkommodeer.Aangesien die veiligheid van pasiënte, personeel en dokters ons hoogste prioriteit is, het ons met verskillende beroepsverenigings en dokters gekonsulteer. Om die veiligheid van alle betrokkenes sover moontlik te verseker, is die besluit geneem dat alle pasiënte wat opgeneem moet word ’n Covid-19-toets voor toelating benodig. Daar is sterk mediese bewyse wat dui op verhoogde risiko’s tydens chirurgie vir Covid-19-pasiënte en daarom het Mediclinic Hermanus ’n noukeurige en gestruktureerde benadering in die hervatting van chirurgie. Hierdie besluit het geen invloed op opnames vir noodprosedures of opnames vir dringende mediese behandeling nie.Met verwysing na die koste verbonde aan ’n Covid-19-toets sal dit anders gedek word, afhangende van die mediese fonds waarvan die pasiënt lid is. Die toets by ’n plaaslike patologiediens kos R850. Pasiënte wat toetsing benodig moet hul plaaslike dokter raadpleeg rakende die spesifieke toetsproses.Mediclinic Hermanus is daartoe verbind om ’n belangrike rol te speel om die gemeenskap tydens hierdie krisis te ondersteun en is van mening dat die veiligheid van belanghebbendes ’n prioriteit is. – Mediclinic Hermanus