Beloning vir nuus oor Abby

Niks is seker so hartseer as wanneer een van jou dierekinders wegraak nie – veral in die winter. Jy wonder of hulle warm slaap, en of hulle kos het.


Niks is seker so hartseer as wanneer een van jou dierekinders wegraak nie – veral in die winter. Jy wonder of hulle warm slaap, en of hulle kos het.

Een so ’n honde-eienaar is Jen Niehaus. Jen se geliefde sniphond (cocker spaniel) Abby het Saterdag 29 Mei weggeraak toe hulle met haar op die Cliff Path gaan stap het.

“Dit is hartverskeurend. Sy is soos ’n kind vir ons; sy kan enige plek wees. Sy het ’n mikroskyfie en is gesteriliseer. Sy is ons kind. Enigiemand wat weet waar sy is, moet ons asseblief so gou as moontlik laat weet,” sê Jen.

Volgens Jen het hulle ook ’n beloning vir die besondere hond as iemand haar veilig terugbesorg.

Abby het unieke kleure en met haar wit en swart pels trek sy nogal baie aandag. “Sy is nou al nege jaar deel van ons lewe en ons mis haar elke dag. Die Hermanus-inwoners het werklik die ekstra myl geloop en ons gehelp soek. Selfs ’n hommeltuig het die soekgeselskap op 4 Junie gehelp. Moet asseblief nie ophou soek nie. Daar is talle suksesstories van mense wie se honde weggeraak het en dan word hulle ná maande weer gevind,” vertel Jen.

Jen wil graag almal bedank wat op 4 Junie gehelp het om na Abby te soek. “Ek weet nie wie almal daar was nie, maar ek wil graag die volgende mense bedank: Eben Minnie en sy vriende, Philip met die hommeltuig, Scott Merrifield, Hugo Uys, Antoinette Wiggins en haar virende, Sam Beam, Laetitia du Plessis en haar man, Susan Mercer, die vroue van die gholfklub, Yolanda Sanders, Haws, Dottie van Dotties Pet Services, Lize van der Walt, Giorgio Lombardi, Rene Hartslief en Lizette en haar barista van Lizettes in Voëlklip.”

As iemand dalk weet waar Abby haar bevind, bel Charles by 082?896 1805 of Jen by 083?252 1576.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.