Lizël Kimber van Beyond Black Mountain gesels met Gerhard van Wyk van die Caledon-biblioteek oor plaaslike toerisme.Foto: Mitzi Buys


September is Toerismemaand in Suid-Afrika. Die Caledon-biblioteek voel sterk oor veral plaaslike toerisme, en om dié rede het die bibliotekaris, Gerhard van Wyk, ’n gesprek oor toerisme met Lizël Kimber van Beyond Black Mountain gevoer.

Van Wyk sê die doel van die gesprek was om die belangrikheid wat die toerismebedryf tot die nasionale – en veral plaaslike – ekonomie kan bydra, te beklemtoon. “Verskeie soorte toerisme is bespreek met die klem op die ontdekking van plaaslike toerisme-aantreklikhede, waarvan die inwoners dikwels onbewus is.”

Kimber het verskeie aantreklik-hede, soos die veldblommetuin, wynroetes, restaurante, agri-toerisme, kunsgalerye en gastehuise uitgelug.

Van Wyk sê:” Dit is ons plig om onsself op te voed en om ons plaaslike toeriste-aantreklikhede te verken en te bevorder.”

You need to be Logged In to leave a comment.