Die Wes-Kaapse departement van
gemeenskapsveiligheid het onlangs geld aan die Overstrand-munisipaliteit
beskikbaar gestel om ‘n spesiale K9-honde-eenheid op die been te bring.

Die nuwe eenheid sal in Hermanus
gestasioneer wees en sal bestaan uit een beampte, inspekteur Lance Mara, wat
ook die eenheid sal bestuur en ses hondehanteerders.

Die doel van die honde-eenheid is om die
wetstoepassers by te staan met die bekamping en voorkoming van sekere misdade
soos perlemoenstropery en die soeke na onwettige middele soos dwelms. Die
honde-eenheid bestaan uit ‘n groep gespesialiseerde wetstoepassers wat
dienshonde gebruik om verskillende take uit te voer. Die hondehanteerders moet,
afgesien van hul normale pligte, ook hul honde oplei en versorg. Die dienshonde
word gebruik om nie net diens te lewer nie, maar ook om pro-aktief op te tree.

“Ons eenheid gebruik Belgiese
herdershonde, nie net omdat hulle baie intelligent is nie, maar ook oor hulle
uitstekende reukvermoë. Die munisipaliteit werk ook nou saam met die Genesis
K9-groepe wat hierdie opgeleide honde verskaf. Genesis K9 is gelisensieerd om
honde op te lei en te verskaf aan sekerheidsmaatskappye, myne, wetstoepassers
en natuurreservate. Hulle het ook aal honde aan die Verenigde Nasies verskaf,” het
inspekteur Mara gesê. 

Lees meer in volgende week se Hermanus
Times
.

You need to be Logged In to leave a comment.