Mount Pleasant Primêr is besonder trots op Khayone Momoza en Chloe Matinka, wat hierdie naweek (Saterdag 14 September) aan die derde ronde van die Sanlam-WOW-Spelfees 2024 gaan deelneem. Dié twee slimkoppe was deel van ’n groep van 15 leerders van Mount Pleasant Primêr wat tot die tweede ronde van die spelfees deurgedring het. Khayone het tweede geëindig in die Afrikaanse afdeling vir gr. 5-leerders en Chloe, wat in gr. 7 is, het haar afdeling gewen. “Baie geluk en sterkte met die voorbereidings vir die volgende ronde. Ons as skool is baie trots op julle!” het ’n woordvoerder vir die skool gesê.