Bradwin Abrahams (busbestuurder), Sandi Phanya (intern), Sybil Lee (bestuurder van die Theewaterkloof-biblioteke), Jeanette Pieterse (streeksbibliotekaris) en Esné Bester (administratiewe klerk).Foto: Mitzi Buys


Boeke op Wiele / Books on the Move is in groot letters op die bont bus geskryf. Binne is rakke vol splinternuwe boeke – ’n biblioteek in die kleine. Hier word egter geen boeke uitgeneem nie, hier word boeke aan biblioteke uitgedeel.

Jeanette Pieterse, die streeksbibliotekaris, vertel aan Hermanus Times: “Ons verskaf drie keer per jaar met die boekebus nuwe boeke aan al ons biblioteke in die Theewaterskloof- en Overstrand-munisipale gebiede, asook aan vyf depots, naamlik Vyeboom, Glen Elgin, Camphill en Helderstroom-gevangenis (medium- en maksimum-afdelings).

“Dikwels bring ons ook van ons gebruikte boeke, maar nou toer ons net met nuwe boeke. Ons koop nog elke maand boeke,” sê Pieterse.

Buiten die boeke wat deur die biblioteekdienste aan die biblioteke verskaf word, kan die bibliotekarisse ook ’n aantal nuwe boeke, wat hulle weet in hul lesers se smaak sal val, uitkies.

You need to be Logged In to leave a comment.