Lede kan nou al vir ‘n geruime tyd nie boeke uitneem nie oor ‘n stelsel wat nie werk nie.


Die probleem by biblioteke waar boekwurms nie kan boeke uitneem nie, is nie net plaaslik nie, maar oor die hele Wes-Kaap heen, behalwe die Stad Kaapstad.

Volgens Dean O’Neill, munisipale bestuurder van die Overstrand-munisipaliteit het hierdie probleem te doen met die provinsiale biblioteek se “Information Management System”. Lede van die biblioteek is onthuts gelaat en het hul frustrasies op die personeel uitgehaal en die Overstrand-munisipaliteit wil dit onder die lesers se aandag bring dat dit iets is wat buite sy beheer is.

Om ‘n oplossing te vind, het personeel samesprekings met die direkteur van biblioteekdienste van die Wes-Kaap, Cecilia San, gehou. ‘n Tydelike oplossing is gevind en die boeke gaan weer soos op die ou manier uitgeleen word deur al die barkodes neer te skryf.

“Die biblioteke sal vir ‘n dag of twee gesluit wees om seker te maak dat al die boeke weer terug op die rakke geplaas gaan word en om die personeel voor te berei oor die nuwe verwikkelinge. Ongelukkig sal die biblioteeklede ‘n vorm moet invul voordat hulle boeke kan uitneem. Nuwe lede is ook welkom om aan te sluit. Ons vra die inwoners se samewerking in die verband,” het O’Neill afgesluit.  

You need to be Logged In to leave a comment.