Die Boland Dames bly op die wenpad nadat die span Saterdag op die Hoërskool Hermanus se rugbyveld die EP Queens behoorlik laat les opsê het met ’n telling van 49-0. Die vroue het met dié wegholoorwinning oor die Queens gewys waarom hulle tweede op die punteleer is. Hulle het nie net voor oorheers nie, maar die giftige agterlyn het behoorlik die drieë ingeryg. Foto’s: Sydney Armoed