Die borgtog-verhoor van Hans Wessels se vermeende
moordenaars is vandag in die Caledon-landdroshof tot 11 Junie uitgestel weens
beurtkrag.
Dit is bevestig deur Eric Ntabazalila, woordvoerder van die
nasionale vervolgingsgesag (NVG).
Tans het sowat 2 600 mense ? petisie geteken om Denver
Hendricks and Janico Pretorius, die twee vermeende moordenaars, te verhoed om
borgtog te kry.
Wessels is in Januarie in sy vakansiehuis in Kleinmond
vermoor en sy peperduur Porsche, wat deur die polisie in Laingsburg voorgekeer
is, het die polisie tot sy huis gelei waar hy vermoor is.
Pretorius en Hendricks, wat glo die voertuig wou verkoop vir
R50 000, is tydens ? padblokkade voorgekeur. Die twee het vlugtig voorheen
in die Laingsburg-landdroshof verskyn weens die gesteelde voertuig van Wessels.