Kleinmond
NSRI en die polisie-duikeenheid staan die Kleinmond-polisie by met ‘n soektog
na ‘n vermiste man wie se voertuig vanoggend (Woensdag 9 Junie) naby die Palmiet-dagkampeerterrein
gevind is.
Adjudant-offisier
Martin Mostert, woordvoerder vir die Kleinmond-polisie, het bevestig dat ‘n
soektog na die man geloods is nadat hy nie vir werk opgedaag het nie.
Plasings op
sosiale media dui aan dat Zhandre Jacobs van Botrivier Woensdagoggend laas by
OK in Kleinmond gesien is en dat sy foon daarna afgeskakel is.
Mostert
berig dat familielede van Jacobs na hom begin soek het toe hy nie by sy
werksplek in Kleinmond opgedaag het nie.
” ‘n
Familielid het toe sy voertuig naby die dagkampeerterrein gekry en die polisie
in kennis gestel. ‘n Soektog na die vermiste man is dadelik geloods,” het
Mostert gesê.
Teen 13:30
was daar steeds geen teken van Jacobs nie.





