Waar daar ‘n rokie trek, is daar gewoonlik ‘n vuurtjie.
Die oplettentheid van ‘n inwoner van Caledon en die daaropvolgende vinnige reaksie van die Overberg- distriksbrandweer asook vrywilligers wat ingespring het om die brand te help blus, het verseker dat daar nie groot skade aan die Caledon-veldblommetuin aangerig is nie.
Die brand op Erf 136, die grasgedeelte voor die bekende Caledon-veldblommetuin, het tydens baie warm en winderige omstandighede uitgebreek Saterdag 5 Februarie en het op ‘n stadium tot reg teenaan die bekende, maar nou verlate en verwaarloosde, Venster-restaurant gekom, maar gelukkig is geen skade aan die struktuur aangerig nie.
Besoekers aan die Veldblommetuin word daaraan herinner dat dit verbode is om vuur te maak in enige gedeelte van die tuin.
Nie voor op die grasgedeelte nie en beslis nie in die Veldblommetuin self nie. Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.