Buurtwaglede opgelei vir bekamping van misdaad

Buurtwagte is deesdae die oë en ore van die gemeenskap en help die polisie om verdagtes aan te keer.


Buurtwagte is deesdae die oë en ore van die gemeenskap en help die polisie om verdagtes aan te keer.

Vir AfriForum is dit belangrik dat sy buurtwaglede almal ingelig sal wees oor die moets en moenies as dit by patrollies en inhegtenisnemings kom.

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het onlangs opleiding aan dié organisasie se lede van Wes-Kaap-buurtwagte in Bellville aangebied.

Ongeveer 150 AfriForum-buurtwaglede – van so ver as Hermanus en Gansbaai – het die opleiding bygewoon en hulle almal is dit eens dat dit ’n baie leersame sessie was. Hulle sê ook dit is nodig dat die lede die opleiding moet bywoon om sodoende verantwoordelike lede te wees.

AfriForum het die opleiding in samewerking met gemeenskaps­polisiëringsforums (GPF) en Community in Blue aangebied.

Johan Crous, AfriForum se koördineerder vir veiligheid in die Wes-Kaap, het ’n sessie aangebied oor regsaspekte, patrollies, die hantering van misdaad- en ongelukstonele en bevel en beheer.

“Die rol wat die publiek, waaronder buurt- en plaaswagte, in hedendaagse tye speel om gemeenskappe se veiligheid te verseker, kan nie onderskat word nie. Buurt- en plaaswagte is nie net die gemeenskap se oë en ore nie, maar is ook van onskatbare waarde vir die polisie in die stryd teen misdaad,” sê Crous.

. E-pos overstrand@afriforumtak.co.za of besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting en om by die AfriForum-tak in die Overstrand-gebied betrokke te raak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.