Die Caledon-rugbyklub het seker gemaak dat hy die spogregte het nadat die span Hawston die afgelope Saterdag (27 Julie) 18-8 in Caledon verslaan het.
Dié groot en belangrike Sanlam-Bolandrugby-derbydae-wedstryd is in gure weer gespeel, maar nie die reën of die wind het die Caledon-span gekeer om Hawston te klop nie.