Die Caledon-tak van die vrouelandbouvereniging (VLV) het die jaar op Donderdag 16 Januarie op ’n gesellige noot begin met ’n teepartytjie in hul tuisdorp.
By dié byeenkoms is VLV-lede asook genooide gaste ingelig oor die interessante programme wat deur die loop van die jaar aangebied sal word. Lede het ook ’n pragtige uitstalling van hul handewerk gehou.
Drie lede het hul diensjaar-kentekens by hierdie geleentheid ontvang: Jana Booi vir 20 jaar, Sanna May vir 25 jaar en Isabel van Niekerk vir 15 jaar.
Tensy uitstappies gereël is, vergader die VLV-lede elke eerste Donderdag van die maand in die Caledon-Weskerk se saal.
Bel Corrie Fogwell by 083 270 8374 vir verdere inligting.