Caledon-VLV werp lig oor dorp se geskiedenis

Die Caledon-vrouelandbouvereniging kom elke eerste Donderdag van die maand bymekaar om ’n gesellige en interessante program vir lede aan te bied.


Die Caledon-vrouelandbouvereniging kom elke eerste Donderdag van die maand bymekaar om ’n gesellige en interessante program vir lede aan te bied.

Junie se tema was “Opvoedkunde en Kultuur” met Tizzy Mangiagalli as die gasspreker. Mangiagalli, ’n voormalige bestuurder van die Caledon-museum, het sy ongelooflike kennis van die geskiedenis van Caledon met lede in ’n interessante praatjie, toegelig met foto’s, gedeel.

Heerlike botterskorsiesop is voor die praatjie bedien, met koffie en handtertjies daarna, voordat lede met hulle maandelikse bespreking voortgegaan het.

Die verskeidenheid programme en aktiwiteite, wat maandeliks aangebied word, is werklik interessant en die bestuur moedig mense aan om by hulle aan te sluit. – Mitzi Buys

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.