Ons wêreld is in chaos, saggies, word ons bekruip, deur ’n onbekende monster.

Wat geeneen van ons vrywaar

’n Epidemie, ’n lewensgevaar.

Ons wêreld is in chaos,

Die stilte daal neer, in strate, met niemand in sig . . .

Alleen, eenkant, eensaam, bang,

Vir die dag wat die monster ons kan vang.

Ons wêreld is in chaos,

Vrees, paniek, word wyd gesaai,

Almal is onveilig, ons geliefdes in gevaar . . .

Maar afstand, moet ons streng bewaar.

Ons wêreld is in chaos,

Dag vir dag, ’n genade kans vir ons,

Geloof, hoop en bid, is al wat ons nog het . . .

Om te baklei teen die onbekende, al wil ons ons verset.

Yolanda Morris, WESKUS

You need to be Logged In to leave a comment.