Alichia Frans, Willray van der Heyde, Anthonecia Malgas en Annelize Malgas met vrolike Paasmandjies, met Jerome Hoffman en Angela Frans agter.Foto’s: Mitzi Buys


Caledon Informal Traders Association (Cita) het Vrydag 15 April sy jaarlikse Paasmark gehou. Vanjaar is die Paasmark by die Bergsig-mini-sportterrein gehou.

Ten spyte van die koue en ’n ysige wind wat gewaai het, het veral die kinders die mark geweldig geniet. Daar was verskeie stalletjies, maar die kinders was veral gaande oor die speletjies wat aangebied is, met die Paaseier-soektog as die hoogtepunt.

Cita het ook onlangs sy nuwe komitee aangekondig. Stephen Wildschut is as voorsitter aangewys, met Jeremy Frans as waarnemende ondervoorsitter, Jerome Hoffman is tesourier, Angela Frans is sekretaresse en Ivanhoe Dunsdon is addisionele lid.

You need to be Logged In to leave a comment.