Covid-19-entstowwe, meer plekke en meer entstowwe

Met meer entstowwe wat nou aan die orde van die dag is, het die Overberg ook nou meer lokale aangewys waar inwoners hul kan inent.


Met meer entstowwe wat nou aan die orde van die dag is, het
die Overberg ook nou meer lokale aangewys waar inwoners hul kan inent.

“Ons verstaan dat die mense wat hulself geregistreer is nou
haastig is om ingeënt te word, maar ons het net ‘n beperkte hoeveelheid
entstowwe gekry en ons kan net soveel mense inent,” het ‘n woordvoerder van die
Wes-Kaapse gesondheidsdepartement gesê.

Hierdie week het die Overberg 2 586 entstowwe gekry en
daar word nog 3 120 entstowwe teen Donderdag verwag.

“Ons vra die inwoners om geduldig te wees, nie net gaan daar
meer persele geïdentifiseer word waar mense ingeënt kan word nie, maar meer
entstowwe kan ook verwag word. Op 27 Mei het ons al 810 inwoners in 12
aftreeoorde oor die Overberg-distrik ingeënt.”

In die volgende paar weke sal daar meer en meer persele
geïdentifiseer word. Die lokale waar mense nou hulself kan inent is:

3 Junie: Napier-kliniek en Greyton.

4 Junie: Hawston

“Ons fasiliteite word oorval met oproepe en besoeke rakende
die entstowwe. Ons sal almal se ondersteuning waardeer en versoek dat die mense
wag op hul tweede SMS voordat hulle reageer. Ons versoek ook dat al die
inwoners, 60 jaar en ouer, so gou as moontlik vir die entstof registreer.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.