Meer as 50 daggaplante, groeiligte en ander toerusting is by ’n huis in Bettysbaai gekonfiskeer.
Polisie, lede van Mariene Kusbestuur en CapeNature het op ’n daggafabriek in Bettysbaai toegeslaan en afgekom op ’n hele versameling, hoë graad dagga.
Die spesiale operasie is Dinsdagoggend 1 November uitgevoer na inligting van die publiek ontvang en aan die Kleinmond-polisie deurgegee is.
Een man is in hegtenis geneem en bly in aanhouding. Die ondersoek duur voort.