Dankie vir hulp van hospitaalpersoneel

Dis met ’n baie dankbare, asook vol gemoed dat ek hier voor my rekenaar sit op hierdie lieflike Donderdagoggend!.


Dis met ’n baie dankbare, asook vol gemoed dat ek hier voor my rekenaar sit op hierdie lieflike Donderdagoggend!

Ek wil graag my storie met jou deel en so ook dankie sê vir almal by Mediclinic Hermanus.

Ek is verlede Woensdagmiddag ongevalle toe as gevolg van erge gesondheidskomplikasies. Ek het inderhaas net ’n oornagsak gepak en my man het my ongevalle toe geneem. Daar moes hy my net aflaai en ek die res van die pad alleen gestap. Vandat ek by Mediclinic Hermanus se ongevalle ingestrompel het, het ek slegs die allerbeste diens, met die grootste deernis, gekry. Ek is later die aand na saal A in die hospitaal oorgeplaas en daar was dit presies dieselfde.

Dit was angswekkend om tydens Covid-19 in die hospitaal te wees, en dat jou familie nie eens by jou kan wees nie. Die personeel, iedereen, het uit hul pad gegaan om my gemaklik en rustig te maak.

Ek het weer eens soveel respek vir hulle almal gekry wat in uiters moeilike omstandighede, met glimlagte, passie, empatie en liefde, hul pasiënte eerste stel en niks was vir hulle te veel gevra of moeite nie. Ek is Donderdag teater toe vir twee prosedures en is Saterdag ontslaan. Ek twyfel baie sterk of ons hier in Hermanus ooit elke dag besef hoe bevoorreg ons is met die heel beste en toegewyde mense wat na ons kyk in tye van nood.

Ek wil baie dankie sê aan die man by ongevalle, al die dokters, en daar was meer as een by my behandeling betrokke, die portiere, die vrou wat die kamer skoongemaak het, tee en kos aangedra het en die verpleegpersoneel. Dankie ook aan die personeel by X-strale, Ampath en ontvangspersoneel by die dokters se kamers. Hierdie is regtig ’n baie groot shout out van my aan julle. Sonder julle sou dit ’n baie eensame en donker pad gewees het!


San-Marié Basson,

Hermanus

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.