Die rieldans is seker die oudste danssoort in Suider-Afrika, en danksy organisasies soos die ATKV het hierdie dans oor die land heen bekend geword. Die NG kerk Hermanus bied op 15 Oktober ’n konsert aan waar die bekende JB Batt-rieldansers uit die Koo-vallei gaan optree. Dié groep het al verskeie pryse gewen. Die konsert vind by die Sandbaai-saal plaas en begin om 17:00. Kaartjies teen R100 kan by die kerk gekoop word of bel Mariet Basson 071 520 4012.