Die J B Batt-rieldansers van die Koo-vallei naby Montagu, het groot opgewondenheid veroorsaak toe hulle in Desember by die Caledon Informal Traders se Twilight Market opgetree het. Dié groep dansers is nie net die wenners van die ATKV-rieldanskompetisie nie, maar ook die nasionale kampioene in die o.14-afdeling. Duwayne Lombard, woordvoerder van die groep, sê die dansers was besonder opgewonde om in Caledon op te tree, want dit was die eerste geleentheid vir ’n optrede sedert die Covid-19-inperkingsmaatreëls ingestel is – en hulle het gedans dat die stof so staan!Foto’s: Mitzi Buys