Speurders van die Hermanus-polisie het verlede week ’n deurbraak deur goeie speurwerk en samewerking met die gemeenskap gemaak.

Volgens kapt. Fadila September is twee mans (37 en 39 jaar oud) in ’n huis in Kerkstraat, Hermanus, in hegtenis geneem. “Polisiebeamptes het inligting opgevolg nadat bande, motorfietse en ander goedere deur die maand gesteel is. Ná deeglike speur­werk en nadat hulle ondersoek by ’n huis in Kerkstraat ingestel het, is beslag gelê op onder meer gasbottels, motoronderdele, bande, kraggereed­skap, motorradio’s, ’n sweismasjien en twee motorfietse,” het September gesê. Volgens September kan inwoners wat vermoed hul goed is gesteel, vir AO Thomas Visagie of sers. Christo Vlotman by 028 313 5300 kontak.

“Die stasiekommissaris het die beamptes met die goeie en deeglike werk geluk gewens,” het sy gesê.

You need to be Logged In to leave a comment.