Dié grote het nie weggekom

Dit was nie die geval van beginnersgeluk nie, maar eerder ’n slag met die sport.


Dit was nie die geval van beginnersgeluk nie, maar eerder ’n slag met die sport.

Die agtjarige Aiden Ferreira van Hermanus het vroeg in April aan sy eerste Boland-varswaterhengel-kompetisie deelgeneem en bo verwagting goed presteer. Dié kompetisie is by die Kwaggaskloofdam tussen Villiersdorp en Worcester gehou.

Aiden het nege visse gevang, wat hy nie kon inweeg nie, en ’n klomp witvis wat hy moes laat gaan omdat hy reeds sy kwota witvis klaar gevang het.

Hy was nie net eerste in sy sone nie, maar ook eerste vir die dag met ’n sak vol vis – 53 visse wat altesaam 43 kg geweeg het.

Die visvanggogga het hom vroeër behoorlik aan die hoek beetgekry en hy het op 10 April aan die WP-proewe vir penkoppe en juniors by die Paarldam deelgeneem.

Die warm dag het hom nie ondergekry nie. Hy het altesaam 78 visse uitgetrek en die WP se o.13A-span gehaal, waar almal baie trots op hom is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.