Die reuk van pannekoek

’n Basaar is nie ’n basaar sonder pannekoek nie, en daarvan was daar meer as genoeg by Heidehof-tehuis vir bejaardes se basaar, wat op Erfenisdag gehou is.


’n Basaar is nie ’n basaar sonder pannekoek nie, en daarvan was daar meer as genoeg by Heidehof-tehuis vir bejaardes se basaar, wat op Erfenisdag gehou is.

Gaste kon in die feestelike atmosfeer alles van tuisgebak, vars vleis en groente, pannekoek, wegneemetes, handewerk en natuurlik die immergewilde basaarpoeding koop. Heerlike versnaperinge is in die kinderhoekie voorgesit en kinders kon hul gesigte laat verf.

Die jaarlikse basaar is een van Heidehof se grootste geldinsamelingsprojekte. Die bestuur het die publiek bedank vir hul gewaardeerde ondersteuning, asook almal wat so mildelik bygedra het met skenkings van produkte, en ook al die vrywilligers wat so hard gewerk het om die dag ’n sukses te maak.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.