Die Protea-diensentrum het onlangs die Suid-Kaap besoek.


Lede van die Protea-dienssentrum in Caledon het onlangs ’n interessante toer na die Suid-Kaap onderneem.

Marlene Rousseau van die dienssentrum sê: “Hartenbos was ons basis, en van daar af het ons elke dag verskillende gebiede besoek. Ons was op ’n bootrit na die Knysna-koppe, ons het ses verskillende passe aangedurf, waaronder die Montagu-, Swartberg- en Tradouwpas, die sirkelroete van Oudtshoorn oor De Rust na Prins Albert gery en ’n heerlike piekniek in Meiringspoort gehou.

“Ons het ook Groot Brak, Mosselbaai en – met die terugreis – Calitzdorp besoek. Tussendeur het ons by verskeie plekke aangedoen vir koek en tee en heerlike middagetes.

“Vir die meeste lede was dit die eerste keer dat hulle dié omgewing gesien het, en almal was dit eens dat hulle dit vreeslik geniet het.”

You need to be Logged In to leave a comment.