Dis behoorlik stilte voor die storm

Storms vind plaas wanneer die weer vinnig van mooi na sleg verander, of van sleg na mooi, vertel Langfaan Dinsdag tydens ons weeklikse saampraat. En net daar loop ons geselsie byna op ‘n rusie uit.


Storms vind
plaas wanneer die weer vinnig van mooi na sleg verander, of van sleg na mooi,
vertel Langfaan Dinsdag tydens ons weeklikse saampraat.  En net daar loop
ons geselsie byna op ‘n rusie uit.

Die knelpunt
was die heftigheid waarmee die pas afgeloopte storm aan die Weskus
gepaardgegaan het en wat nie hy of Weerhaan of Buurman, mooi onder die knie kan
kry nie.

Wat in ons
pratery na vore gekom het, is die tydsduur van mooiweer voor heftige
storms.  Langfaan glo vas hoe langer mooiweer aanhou, hoe korter maar
heftiger is die storm.  Sagte langdurige, deurdringende reën, soos die
Wes-  en Suidwes-Kaap se winterreën gewoonlik is, het maar ‘n skaars
affêre geword. 

Hy grond sy
mening op die wisselvalligheid van die Pascali-druk van die isobare tussen die
hoog- en laagdrukstelsels, wat weerskante en suid van die land verbyjaag.
Aan  ons Weskus bly dit redelik konstant op 1028 hPa en aan die Ooskus op
1020 hPa.  Die oostelike hoogdruk bly so tot duskant die Suidpool, maar
net daar begin die isobare wat laer is as 980 hPa bots met die Indiese
hoogdruk.  Dit beteken heftige insuig van lug vanuit die Atlantiese
see.  Vandaar die huidige storms in die Arktika (soos die kraai vlieg)
tussen Gough- en Marion-eiland.

En hy wil
nou nie kluitjies bak nie, seg Langfaan, die speletjie  in die bolug word
net maand na maand driftiger. Dit lyk vir hom soos ‘n moedswilligheid van die
weerpatroon om te waarsku dat die aarde al hoe meer woes en leeg raak soos
eindtydvoorspellings dit wil hê.

Dit is ‘n
mondvol  van Langfaan, wat getrou ‘n ding by sy naam noem.  Maar kyk
ons na die huidige prentjie, sien ons net storms en nogmaals storms in die
Arktika. 

Aan ons kus
heers tans ‘n haas ongelooflike “andersheid”  met winde  en
lugdrukverskynsels wat soms amperse lenteweer beskryf.

 Die
Atlantiese hoogdruk het die afgelope dae tot by Gough vir konveksie gereik en
was sedert Maandag nie juis gepla deur die Indiese hoogdruk wat byna by die
Suidpool gaan draai het nie. By dit alles voel ons aan die suidpunt van die
land, die nadraai van lug wat ingesuig word en hoe die windspoed Saterdagmiddag
van matig tot weer 12 km per sek kan ontwikkel.  Dit word vooruitgeloop
deur sowat 25 mm neerslag tot Sondagmiddag toe.

Van Woensdag
af skyn die son weer voluit, maar sit ons met 8 °C en 9 °C deur die dag.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.