Dis weer tyd vir die gewilde kykNET-Buite-ekspo-Wes-Kaap, wat vanjaar van 8 tot 10 Maart oudergewoonte op die plaas Môreson net buite Malmesbury sal plaasvind.
Die ekspo beloof om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is op die talle buitelewe-uitstallers wat van die nuutste produkte tans in die kampeer- en 4×4-mark aanbied.
Kom ry gratis saam met die immergewilde “Mnr. 4×4”, André de Villiers van André 4×4 en aanbieder van 4×4 met André op kykNET. Hierdie ervaring in verskillende Mahindra-voertuie word deur Mahindra Claremont geborg. ’n Die Lekker braai-met-’n-twist-kompetisie sal weer aangebied word – en moenie vergeet van die Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie.
Vir die vroue sal daar ’n Fines 4 U- kuns- en snuffelmark wees, waar ’n groot verskeidenheid gehalte-produkte beskikbaar sal wees.