Goeie nuus vir alle talentvolle jong sportsterre in die Overberg is dat Hermanus Times met sy skolesportster van die jaar-kompetisie begin.
Hierdie kompetisie duur van Maart tot Oktober en twee jong sportsterre – een in die hoërskool en een in die laerskool – sal elke maand deur ons paneel beoordelaars as maandwenners gekies word.
Die kompetisie is dus oop vir alle jong sportmanne en -vroue wat hul streek, provinsie of land in hul onderskeie sportkodes verteenwoordig het.
Skole, afrigters, onderwysers, ouers en klubs mag hul sterre benoem.
Benoemings met ’n kort motivering oor hoekom iemand vir hierdie toekenning benoem word, plus ’n foto, kan per e-pos aan Mariëtte Strydom by editor@hermanustimes.co.za gestuur word. Anders kan benoemings by ons kantoor by Hoofstraat 34 (by die Birkenhead-gebou langs die NG kerk) afgelaai word.
Die maandelikse wenners sal in Hermanus Times verskyn en elkeen sal ’n geskenkpakkie ontvang.
’n Glansgeleentheid sal aan die einde van die jaar gehou word waar die algehele wenners sowel as die gewildste wenner aangewys sal word.
Bel Mariëtte by 082 443 2184 of stuur e-pos aan haar by editor@hermanustimes.co.za.