Mount Pleasant se water bevat definitief iets, want die inwoners daar word baie oud. Die derde oudste inwoner van Mount Pleasant, Marjorie Court, het onlangs haar 90ste verjaardag gevier. Dié stylvolle inwoner is op 28 Januarie 1933 gebore en het ses kinders – vyf seuns en een dogter. Dié ouma, oumagrootjie en grootoumagrootjie spog met 12 kleinkinders, 13 agterkleinkinders en een agter-agterkleinkind. Die familie wens haar ’n geseënde jaar toe en sien uit na haar 100 ste verjaardag.