Caledon-rugbyklub en sy ondersteuners het behoorlik feesgevier nadat al drie tuisspanne – die A-, B- en C-spanne – hul teenstaanders van Hawston Skrik vir Niks geklop het.
Rugbyliefhebbers het na Caledon gestroom vir die groot kragmeting tussen Caledon (wat boaan die punteleer lê) en Hawston wat in tweede plek is. Caledon se derde span het 22-19 geseëvier, die tweede span het 22-14 gewen en die eerste span het ná ’n naelbytstryd met 32-22 as die wenners uit die stryd getree.
Caledon reis hierdie naweek (Saterdag 18 Junie) na Bredasdorp om Rangers te pak, Hawston speel op sy tuisveld teen Black Leaves van Gansbaai, Kleinmond reis na Grabouw vir sy kragmeting teen Safcol, Grabouw speel teen Atlantics in Mount Pleasant en Botrivier speel teen Genadendal in Genadendal.