Jevano Davids van Safcol probeer deur die verdediging breek in Saterdag se wedstryd teen Caledon. Safcol het 34-29 gewen. Foto: Mariëtte Strydom


Ná drie weke se rugbydroogte weens die eendeweer wat die Overberg die afgelope tyd getref het, was paviljoene Saterdag weer stampvol toeskouers om hul gunstelingspanne te ondersteun.

Saterdag het die nommer-een- en nommer-twee-spanne op die punteleer mekaar die stryd in Grabouw aangesê. Geen liefde was tussen die spanne van Caledon en Safcol te sien toe hulle Saterdag op die Hoërskool Grabouw se sportterrein uitgedraf het nie. Die twee spanne het mekaar uit die staanspoor die stryd aangesê en Safcol se gebrek aan dissipline in die eerste helfte het hom talle strafskoppe laat afstaan.

Foto:

Selfs die skeidsregter het sy hande vol gehad toe gemoedere in die eerste helfte hoog geloop het.

Die wedstryd het wipplank gery met die twee spanne wat nie een wou besgee nie.

Safcol het die wedstryd uiteindelik 34-29 teen Caledon gewen.

Ander Grootuitdaagbeker-uitslae in die Overberg is:. Botrivier 39-24 Genadendal;. Villiersdorp 51-35 Kleinmond;. Hawston 41-34 Bredasdorp Rangers;. Riviersonderend 22-20 Grabouw.

Foto:

You need to be Logged In to leave a comment.