Dwelmvonds vir Napier-polisie

Goeie samewerking tussen skoftelede en speurders van Napier-polisie het daartoe gelei dat dwelms en kontant gekonfiskeer is.


Goeie samewerking tussen skoftelede en speurders van Napier-polisie het daartoe gelei dat dwelms en kontant gekonfiskeer is. Dinsdag (15 Junie) omstreeks 07:30 het die skoftelede saam met die speurders op ’n struktuur in die plakkerskamp toegeslaan om gesteelde goedere te konfiskeer. Nadat die lede die struktuur deursoek het, het hulle op dwelms ter waarde van R22 500 asook R1 633,60 kontant afgekom. Die dwelms en kontant is gekonfiskeer en as bewystukke ingehandig. ’n 26-jarige man is in hegtenis geneem en sal Donderdag 17 Junie in die Bredasdorp-landdroshof verskyn op aanklag van handeldryf in dwelms. Die stasiebevelvoerder, kapt. Kobus Janse van Rensburg het vir AO Cobus Jafta, speursers. Xolani Gomo, konst. Gavin Wessels en reservis-sersant Christopher Koopman geprys vir die goeie werk wat hulle verrig het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.