Een van Caledon se oudstes oorlede

Een van Caledon se oudste inwoners, tannie Leen Tobias, is Woensdag 29 November in die ouderdom van 101 jaar oorlede.


Een van Caledon se oudste inwoners, tannie Leen Tobias, is Woensdag 29 November in die ouderdom van 101 jaar oorlede.

Tannie Leen is op 12 Oktober 1922 as Paulina van der Heyde in Tesselaarsdal gebore. Sy het as volwassene na Caledon getrek, waar sy vir baie jare as skoonmaker by onder andere Swartberg Primêr en Theunissen-broers gewerk het.

Haar skoondogter Alice Tobias het tannie Leen die afgelope agt jaar versorg. Sy en haar man, Kosie, het by tannie Leen in die huis gewoon. Alice sê tannie Leen het so drie weke ná haar 101ste verjaardag begin verswak.

Tannie Leen het 10 kinders gehad en word deur vier van hulle oorleef –Danie, Kosie, Joey en Kittie Tobias –asook ongeveer 40 klein- en agterkleinkinders.

Tannie Leen se begrafnis was Saterdag (9 Desember) vanuit die Holy Trinity Anglikaanse kerk in Caledon.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.